RIVERSDAL NUUS - Lede van die plaaslike polisie het Woensdag 1 Junie beslag op 'n groot hoeveelheid dwelms in Nkanini Thembanistraat, Kwanokuthula buite die dorp gelê.
Die operasie is deur kaptein Yolandi Januarie, adjudant-offisiere. Hans Busch en Phillip Thiart, sersante Jacobs, Davids, Daniels, Jansen en konstabel Garnet Damans uitgevoer.
'n 31-jarige vrou is deur Damans in hegtenis geneem vir handeldryf in mandrax, tik en dagga.
Beslag is op 78 mandraxtablette, 128 halwe en 57 kwart mandraxtablette, twee sakkies tik, 10 bankies dagga, een pakkie dagga, asook R3 655 kontant gelê.
"Die straatwaarde van die dwelms is R10 880," het sers. Christiaan, plaaslike polisiewoordvoerder gesê.
"Die vrou is vrygelaat en sal op 5 Desember weer in die hof verskyn omdat dit haar eerste kriminele oortreding is."
Die polisie moet ook wag vir die uitslae van die laboratoriumtoetse op die dwelmmiddels.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'