HEIDELBERG NUUS - Twee talentvolle leerders van Heidelberg wat op die rugbyveld uitblink, is vroeër in die jaar gekies om in Engeland en Italië te gaan toer.
Reevan February, graad 12-leerder by Hoërskool Langenhoven en belowende heelagter, is in die Tony Stoops o.19-span ingesluit, terwyl Leyton Buys van die Hoër Landbouskool Oakdale in die Bluecrane o.15-span ingesluit is.
’n Dinee ten bate van albei was Sondag 28 Julie in Kairos Senior Sekondêr se saal gehou.
Cameron Dugmore, Wes-Kaap ANC Parlementêre leier wat die projek ondersteun, het gesê dat hulle nog ongeveer R40 000 gesamentlik kort om die droomtoer te laat realiseer.
Persone wat belangstel om die toer vir die leerders ’n werklikheid te maak, kan Gavin February by 063 773 3817 of Carlet September by 084 699 1102 skakel.
Van links: Reevan February, Cameron Dugmore en Leyton Buys tydens die dinee.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'