En is dit nie 'n lekker manier om te leer nie?
Natuurlik ook vir die res van die skool wat maar té gretig is om van die lekker produkte aan te koop.
Daar is heerlik gesmul en die leerders (en hulle ouers) het hard gewerk 'om besigheid te doen'.
Sunique Wasserman, Lianca Uys, Danielle de Beer en Danele Groenewald is druk besig om hulle lekker produkte aan die 'honger' leerders te verkoop.