Gallery
STILBAAI NUUS - Die gewilde sanger Jo Black en sy gesin het gedurende die Desember-vakansie ’n draai in die baai kom maak.
Hulle het saam met Geared For Life Stilbaai Adventures die see op kayaks ingevaar. Jo is self baie betrokke by dié organisasie.
Geared For Life reël sedert 2010 avonture, gelei deur Willem Engelbrecht en Eugene van der Walt. Hulle droom om die organisasie na Stilbaai te verbreed is deur hulp van Jo se Be That Guy Everyday Hero’s beweging bewaarheid.
Geared For Life fokus daarop om die jeug aan positiewe afleiding bloot te stel.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'