STILBAAI NUUS - Sr. Suzette Serfontein van die kliniek by Fynbos Apteek het as deel van Jeugmaand 'n inkleurkompetisie vir kinders in Stilbaai en Melkhoutfontein gehou.
Die kompetisie is gehou oor die periode1 Junie tot 15 Junie en die beoordelaars moes behoorlik bontstaan om die beste tekeninge uit elke kategorie te kies.
Uiteindelik was Briana Grobler en Danika van Heerden die beste in die 13-16 jaar kategorie.
In die 9-12 jaar kategorie was dit Danika Jardine en Kellin Jansen.
Len-Aidan Roberts en Ghidn Botha (eie spelling) het in die 5-8 jaar kategorie die beste gevaar.
Foto’s is van Briana Grobler en Danika van Heerden se tekeninge.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’