STILBAAI NUUS - Jagersbosch-gemeenskapsentrum se kombuis het Maandag 29 Oktober weer sy deure oopgemaak.
Dit volg nadat dit vir 'n week toe was sodat uiters nodige opgraderings gedoen kon word en kan hulle weer hul taak vanuit 'n 'nuwe' kombuis voortsit.
Die opgradering van die kombuis is een van die eerste stappe van Jagersbosch se direksie om dié organisasie die trots van Stilbaai te maak.
Al die oppervlakte, tot selfs die plafon is skoongemaak en is ook geverf.
Die kombuis beskik onder meer oor 'n nuwe 3m-onttrekkingsisteem met sy eie filters om
die olies op te vang, terwyl die werksoppervlakte nou-nou vlekvrye staal oppervlaktes het. Afsonderlike werkstasies vir die voorbereiding van vleis-, vis- en hoendergeregte is ingerig, asook spatplate wat teen die muur by die stoof aangebring is.
Jagersbosch berei ook etes vir bejaardes op Melkhoutfontein voor en die eerste fase om dié kombuis te vernuwe, sal in die nuwe finansiële jaar 'n aanvang neem.
Jagersbosch-gemeenskapsorgsentrum se kombuis voor die vernuwing.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'