HESSEQUA NUUS - 'n Renduif wat waarskynlik sy rigting kwytgeraak het, is in Mathiam Smit van Riebeek-Wes se tuin gevind.
Die nommers op die ringe aan sy linkerpoot is soos volg: rooi - 9810644; blou - 1013.
Indien jy een van jou renduiwe vermis en dit graag terug wil hê, kan jy Smit kontak (083 652 8852 / mathiamsmit@gmail.com / www.mathiam.co.za).
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'