ALBERTINIA NUUS - Twee perde, asook ‘n vulletjie het Maandag, 28 September verwilderd op die N2 buite Albertinia by die Hectorskraal-afdraai gehardloop.
Hulle is met behulp van Albertinia-plaaswag vir hul eie veiligheid én van motoriste van die pad verwyder.
Die perde moes losgebreek het, want die vulletjie het duidelike skaafmerke aan haar nek van ‘n tou waarmee sy vasgebind was.
Die hings, merrie en vul is nou by Community Animal Rescue Society (CARS) vir veilige bewaring.
“Sulke onversorgde perde is baie gevaarlik, want hulle sal gaan kos en water soek,” verduidelik Sandra Lotz, voorsitter.
Sy vra die gemeenskap se hulp met bydraes van bale strooi of lusern tot die versorging van die perde.
Die eienaar van die perde kan haar ook kontak, maar sal bewys van eienaarskap moet lewer. Skakel haar by 082 962 1831.
Sy vra die gemeenskap se hulp met bydraes van bale strooi of lusern tot die versorging van die perde.
Sulke onversorgde perde is baie gevaarlik.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'