Dié aksie was om protes aan te teken teen borgtog vir die sewe vermeende bendelede wat ’n jong pa van vyf, Ampie Jansen (38)noodlottig aangerand het.
Die inwoners het voor die hofverrigtinge ’n petisielys met nagenoeg 500 handtekeninge aan die staatsaanklaer, Robin Lewis oorhandig.
Die landdros, Lorraine Freeman, het weer die saak teen die beskuldigdes vir borgtog aansoeke, Ashwill Pietersen (30), Morné Michaels (33), Solomon Ooctober (40), Edmund Rhoda (30), Nazwin Kiewitz (33), Jeremy Michaels (32) en Elton Moses (28) tot Donderdag, 26 Junie uitgestel.
Die saak is na ’n kort verdaging na die Albertinia hof verplaas.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap FORUM, asook aanlyn.
LEES 'N VORIGE ARTIKEL
Nagenoeg 70 ontstoke inwoners van Melkhoutfontein het Vrydagoggend, 20 Junie na die plaaslike landdroshof in protes opgeruk.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'