STILBAAI NUUS - 'n Kennisgewing in Suid-Kaap Forum op 13 Mei waarvolgens aansoek gedoen is om die hersonering van die erf waarop die Drie Ankers disko geleë is om 'n Build It hardewarewinkel daar te vestig, het inwoners van Strandloperkruin rooi onder die kraag.
Besware teen die aansoek moet teen 30 Junie by Hessequa-munisipaliteit ingedien wees.
'n Petisie om beswaar teen die hersonering van die erf te maak is opgetrek.
Die 98 huishoudings in die onmiddellike omgewing is eerste geteiken en 94 het hulle sterk teen die ontwikkeling uitgespreek.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'