ALBERTINIA NUUS - Inwoners van Albertinia het self ingespring om 'n enorme slaggat op die kruising in die omgewing van Hoof- en Malanstrate te herstel.
Een van die inwoners het gesê die verswakte gedeelte van die pad het oor 'n lang tydperk vererger en water word daarin opgedam.
Hessequa-munisipaliteit het gesê dat hulle van die probleem bewus is.
Die munisipale woordvoerder, Didi Budricks het gesê dat die munisipaliteit met die opgradering van paaie besig is en die betongedeelte in Hoofstraat in dié dorp 'n prioriteit is.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'