STILBAAI NUUSFLITS - ’n Egpaar van Parkstraat is baie bekommerd nadat hul bome en plante in hul tuin wat die naaste aan die straat is, die afgelope paar maande raaiselagtig begin vrek het.
’n Groot koejawelboom, asook ’n gevestigde grenadillaplant wat albei al vrugte gedra het, moes onder andere uitgehaal word nadat die blare doodgegaan en die vrugte glad nie verder ontwikkel het nie.
’n Kinkel in die kabel is die feit dat hul huis in dieselfde straat is waar die katte net meer as ’n jaar gelede vergiftig is en dat hul bome net daarna begin vrek het.
Hulle het kundiges se raad ingewin en die aanduidings is dat hul bome en plante heel moontlik ook vergiftig word.
Hulle deel graag van die koejawels uit en is bekommerd dat indien dit wel gif is, die vrugte óók vergiftig is.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'