ALBERTINIA NUUS - Die inentings teen Covid-19 vir persone 60 en ouer het Donderdag, 24 Junie op Albertinia sonder enige voorval verloop.
Suid-Kaap Forum se korrespondent op Albertinia berig dat geen ongevalle aangemeld is nie, omdat die personeel seker gemaak het dat elkeen wat ingeënt is, eers vir 15 tot 20 minute sit voor hulle die lokaal kon verlaat.
Skandering en sanitering is gedoen voor enigiemand die lokaal kon binnegaan en ook voor hulle ingeënt is.
Sommige van die inwoners was blykbaar baie skrikkerig, maar ander wou dit net agter die rug kry sodat hulle uit die koue kan kom. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam en het hulle goed van hul taak gekwyt.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'