HESSEQUA NUUS EN VIDEO - Indringerplante in opvanggebiede en langs rivieroewers bedreig die kwaliteit en volume van water in Hessequa se riviere.
Afloopwater van landboubedrywighede vererger die probleem, want dit laat uitheemse plante welig op die wateroppervlak groei.
Swartwattel in die berge en langs rivierstrome, rooikrans en luisbome versprei vinnig en verdring inheemse plante in vleilande. Dit lei ook tot erosie en skep ‘n brandgevaar.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'