STILBAAI NUUS - Indringerplante soos Port Jackson en Rooipitjie verdring ander inheemse plantegroei en is ook 'n brandgevaar, daarom moet dit uitgeroei word.
Gewillige Stilbaaiers kom elke tweede Saterdag by die plaaslike hengelklub bymekaar om indringerplante af te saag en gif te verf.
Met Suid-Kaap Forum se besoek was daar ses vrywilligers wat 'n verskil wou maak.
Die teiken is die 62 hektaar van unieke natuurlike plantegroei tussen die gholfbaan en die Jongensfontein-pad.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'