RIVERSDAL NUUS - Inbrekers wat vanoggend ongeveer 06:00 by MTN op Riversdal ingebreek het, is sommer binne twee ure op Oudtshoorn in hegtenis geneem.
Volgens inligting ontvang was dit ‘n spanpoging deur WhatsApp-groepe, buurtwagte, K9 en die polisie.
Hulle sal waarskynlik Maandag hul eerste verskyning in die hof maak.
Geen verdere inligting is beskikbaar nie, maar sal verskaf word soos ontvang.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'