HESSEQUA NUUS - Die impak van ‘n aangepasde vlak 3 inperking as ‘n poging om die tweede vlaag van die Covid-19 pandemie in Suid-Afrika onder beheer te bring, word op verskeie vlakke indringend bespreek.
Die Hessequa-munisipaliteit se top bestuur, asook ander rolspelers is sedert vroeg vanoggend (29 Desember) in samesprekings oor die toepassing van die vlak 3 inperking.
“Die meeste van vandag sal spandeer word aan interne aksies in lyn met die nuwe regulasies welke prioriteit aandag geniet,” het Marina Griesel, direkteur korporatiewe dienste vanoggend gesê.
Hierdie samesprekings sluit die invloed van die vlak 3-inperking op toerisme in, asook moontlike stappe om die toerismebedyf maksimaal te bemark.
Griesel het ‘n navraag van die Suid-Kaap Forum hieroor na die toerismekantoor verwys.
“Daar sal so gou moontlik ‘n amptelike persverklaring beskikbaar gestel word,” het Griesel gesê.
Die Suid-Kaap Forum sal aanlyn berig soos inligting beskikbaar gestel word.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'