STILBAAI NUUS - Stilbaai-gemeenskapspolisiëringsforum hou op 27 Julie om 18:00 'n imbizo in die Stilbaai-gemeenskapsaal om alle inwoners op hoogte te bring van hulle werksaamhede en om die gemeenskap die geleentheid te gee om vrae te vra en probleme uit te lig.
Die polisie en buurtwagte speel 'n belangrike rol om misdaad in die Stilbaai-omgewing doeltreffend te bekamp.
Juis daarom is dit belangrik dat inwoners as 'n gemeenskap saamstaan en hierdie belangrike vergadering bywoon.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’