STILBAAI NUUS - Die kontreiwinkel wat in die toerismegebou gevind kan word het nie net ’n nuwe voorkoms gekry nie, maar sommer ook ’n ander atmosfeer.
Die voorsitter van Stilbaai Toerismeburo, Dries de Beer het gesê: “Ons is opgewonde om aan te kondig dat die winkel nou amptelik oop en gereed vir die feesseisoen is. Die winkel is nie net vir besoekers bedoel nie. Plaaslike inwoners moet ook ’n draai kom maak.”
Die winkel is opgradeer en elke uitstaller het ’n vertoonkas waarin hul goedere bemark kan word. Plaaslike entrepreneurs, fotograwe en kunstenaars kan hul hande- en kunswerk hier kom uitstal.
Magnete, handgemaakte leerwerk, skilderye, geverfde skulpe en klippe, houtwerk, natuurlike medisyne en allerlei geskenkies is hier te koop.
Vir meer inligting besoek hul webtuiste by www.stilbaaitourism.co.za of skakel 028 754 2602.
’n Klein voorsmakie van die kontreiwinkel se nuwe baadjie.
Handgemaakte hout juwele.
Goedere word in dié vertoonkaste uitgestal.'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'