ALBERTINIA NUUS - Huppelland-kleuterskool spog sedert begin Februarie met 'n spiksplinternuwe voorkoms.
Dié kleuterskool het sy deure in September 1986 oopgemaak, maar deur die jare het die nodige onderhoudswerk agterweë geraak en het die gebou dringende aandag nodig gehad.
Verlede jaar het die kleuterskool in Junie 'n fondsinsameling gehou met Woes en Wicus van der Merwe as geleentheidskunstenaar en van daardie fondse is toe gebruik om in Desember 2022 die nodige opknapwerk te doen.
En vroeg in Februarie kon die kleuterskool met 'n nuwe kleurvolle voorkoms spog.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'