MELKHOUTFONTEIN NUUS - Siya Sebenza is 'n kursus om mense te help om verantwoordelikheid vir hulself te aanvaar.
'n Werksessie van 40 uur lank, wat as 'Work-for-a-living' bekendstaan, is saamgestel.
Van die onderwerpe wat bespreek word, is: Voorbereiding vir toetrede tot die arbeidsmark, werksetiek, finansiële geletterdheid, professionalisme, uitnemende dienslewering, wêreldbeskouing, Bybelse beginsels en etiek, die wêreld van werk en loopbaanvoorligting.
Cornelia Giliomee van Badisa het die kursus by Ouma Lena se Huis aangebied.
Die studente wat die kursus suksesvol voltooi het, is van links: Joseline Booysen, Cornelia Giliomee (aanbieder), Lucretia Hardnick, Michaella Michaels, Jashneem Ruiters en Melissa Saayman.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'