STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-tak van Helpende Hand het Woensdag, 25 Mei 'n swaaibank aan Huis Stilbaai geskenk.
Volgens Marlise Labuschagne, Wes-Kaap assistent streekorganiseerder is die doel om bejaarde inwoners te laat beweeg.
Hieda Goldberg van Helpende Hand Stilbaai sê dat hulle lootjies verkoop het vir 'n skildery van kokerbome.
Die opbrengs was net genoeg om die bankie te laat maak.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'