RIVERSDAL NUUS - Agt werknemers van die plaaslike hospitaal het onlangs bewys alles is lekkerder as 'n span saamstaan.
Werknemers van die plaaslike hospitaal het Vrydag 27 September aan die staatsdiens se Better Together 5 km-pretstap op Oudtshoorn deelgeneem.
Die jaarlikse geleentheid het by die De Jager-sportkompleks begin en geëindig.
Sowat 100 deelnemers van die verskillende staatsinstansies op die verskillende dorpe in die Suid-Kaap het deur die strate van die dorp gestap en gehardloop.
Voor, van links: Simoné Fransies, Ilse Charles en Yvette Prins. Agter: Marius Pieterse, Adam Jacobs, Keith Pietersen, Jan Fransies en Nathan Abrahams.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'