STILBAAI NUUS - 'n Beloning word aangebied vir enigiemand wat kan help dat twee honde aan hul hartseer eienaar terugbesorg word.
'n Husky met die naam Chucky, en 'n Weimaraner met die naam Biscuit het omstreeks 17:30 Saterdag 8 Junie van die plaas Soebattersvlakte in die Droëvlakte-omgewing vermis geraak.
"Biscuit kry epileptiese aanvalle en kan nie sonder haar medikasie klaarkom nie," sê Annemarie van Schalkwyk.
"Ek vra ook mooi dat hulle nie geskiet word indien hulle tussen vee beland nie. Ek sal enige koste van moontlike skade dra."
Enigiemand wat die honde gewaar kan haar kontak by 082 543 3844.
Biscuit is 'n Weimaraner.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'