RIVERSDAL SKOLE NUUS - Isabel Coetzee (graad 8) se kunswerk is een van 16 wat tydens die Wes-Kaap onderwys departement se 2019 Visuele Kunsteviering gekies is om by die provinsiale uitstalling ten toon gestel te word.
Altesaam 128 kunswerke sal tussen 5 en 31 Oktober by die Zeitz MOCAA in die V&A Waterkant, Kaapstad, uitgestal word.
Die doel van die kunsviering is die bevordering van leerders se kreatiwiteit en vermoë om die voorgestelde tema in 'n visuele kunswerk te interpreteer.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'