RIVERSDAL NUUS - Die verteenwoordigende raad van leerders (VRL) en leerlingraad vir volgende jaar is gekies.
"Ons wens hulle geluk en baie sterkte toe vir die verantwoordelike taak wat op hul skouers rus," sê Piet de Villiers, skoolhoof.
Die VRL bestaan uit Daniel Janse van Rensburg (hoofseun), Jaco van der Bank (onderhoofseun), Jana van den Berg (hoofmeisie), Johané Gerber (onderhoofmeisie), Fayden Sefoor, Anja Joubert, Chané Fourie, Lourens van Vuuren, Lenrique Februarie, Willneathan Bailey, Nika du Toit, Nicoléne Beukes, Sunica Tesner, Christel Jooste, Madré Davids en Wena Pienaar.
Agter, van links: Fayden Sefoor, Daniel Janse van Rensburg, Jaco van der Bank, Anja Joubert, Jana van den Berg, Chané Fourie, Lourens van Vuuren, Lenrique Februarie en Willneathan Bailey. Voor: Nika du Toit, Nicoléne Beukes, Sunica Tesner, Johané Gerber, Christel Jooste en Madré Davids. Wena Pienaar was afwesig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'