RIVERSDAL NUUS - Verskeie ruiters van Hoërskool Langenhoven het goed tydens die pas afgelope Heidelberg- en Riversdal-skoue gevaar.
Riversdal
- Mariechen Goedhals het ’n eerste en ’n derde plek behaal;
- Zoë Heyns is die kampioen van kampioene in die SA Boerperd universele ryperd o.19, die kampioen in die SA Boerperd universele 3-gang kinderryperd o.19 en die kampioen in die SA Boerperd universele ruiter o.19. Sy is ook die kampioen in die ope universele 3-gang ryperd en die reserwe kampioen in die SA Boerperd universele elite 5, asook die reserwe kampioen in die SA Boerperd tradisioneel ruiter o.19. Sy behaal ook twee eerste, vier tweede, vyf derde en ’n vierde plek;
- Ané Louw het ’n tweede, derde en vierde plek behaal;
- Anke Ellis het drie eerste, twee derde en ’n vierde plek behaal;
- Rochelle Janse van Rensburg is die reserwe kampioen van die ope 3-gang universeel. Sy het ook vier eerste, vyf tweede, vier derde, twee vierde en ’n vyfde plek verwerf;
- Anja Joubert het twee tweede plekke behaal;
- Tannah Strydom is die ruiter kampioen o.19 en het ook vyf eerste, drie tweede, twee derde en twee vierde plekke verwerf;
- Tara Zeelie het ’n roset vir ’n skoon ronde in die jumping pole on ground behaal;
- Magdel Barnard het twee derde, een vierde en ’n vyfde plek verwerf;
- Georgina Thornley het wee eerste en ’n tweede plek in die kampioen merrie, miniatuur perde-klas behaal;
- Marli-Anne Viljoen het twee tweede en drie derde plekke in die miniatuur perd-klas verwerf;
- Korine Joubert het ’n tweede, derde en vierde plek behaal;
- Anke Kemp het ’n vierde plek behaal;
- Zelri Pottas het twee eerste en ’n sesde plek behaal;
- Dehan Pottas het ’n tweede plek behaal.
Heidelberg
Zelri Pottas het ’n eerste plek en Dehan Pottas ’n tweede plek behaal. Anke Ellis het twee eerste, twee tweede, drie derde en ’n vierde plek verwerf.
Agter, van links: Magdel Barnard, Georgina Thornley, Anja Joubert, Ané Louw, Mariechen Goedhals, Tannah Strydom en Anke Kemp. Voor: Marli-Anne Viljoen,Tara Zeelie, Korine Joubert, Zoë Heyns, Rochelle Janse van Rensburg en Anke Ellis.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'