Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die Wes-Kaap Bloedskenkdienste se tak in George het die skool Woensdag, 11 Augustus besoek om vir leerders die kans te gee om bloed te skenk.
Vir kinders om te kwalifiseer moet hulle reeds 16 jaar oud wees en 'n gesonde leefstyl volg.
Die nodige koronavirus-voorsorgmaatreëls was streng toegepas.
Fotogalery: Leerders skenk bloed
Volgens die leerders wil hulle graag bloed skenk omdat "hulle mense wil help wat bloed nodig het''. Vir die meeste was dit die eerste keer wat hulle bloed skenk.
"Ons is nie bang vir naalde nie, al is dit ons eerste keer,'' het hulle gesê.
In ruil vir hulle bloed kry elke skenker 'n koekie, koeldrank en 'n geskenkie. Die bloeddiens versoek dat indien 'n skenker met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae nadat hy of sy bloed geskenk het, dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdienste in verbinding tree (021 507 6319, 507 6320, 507 6329).
Drie maats skenk saam bloed.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'