RIVERSDAL NUUS - Suria Denkema, hoofdogter van 2020, is gekies om vanaf 6 - 12 Desember aan die Burger se jaarlikse jeugleierskonferensie by Hoërskool Jan van Riebeeck deel te neem.
Haar insluiting in die groep is 'n groot eer en mylpaal aangesien slegs 50 gr. 11-jeugleiers uit die Wes-, Noord- en Oos-Kaap gekies is.
Vanjaar se tema is 'Die jeug se inspraak in hulle toekoms." Deelnemers kry die geleentheid om met geesgenote kennis te maak, vriendskappe te smee en na gesaghebbendes op verskillende gebiede te luister.
Inderdaad 'n geleentheid wat mens maar eenmaal in 'n leeftyd te beurt val.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'