RIVERSDAL NUUS - Die skool het op 24 Oktober 'n uiters suksesvolle wynveiling in die ondersteunersklub aangebied.
Die doel van die veiling was om geld vir die skool in te samel, ten einde te verseker dat die hoë standaard van onderrig gehandhaaf kan word.
Mnr. Beyers Truter, eienaar van die Beyerskloof Landgoed op Stellenbosch was die afslaer.
Hy is 'n legende in die wynbedryf en het die gaste met sy ongelooflike kennis van wyn en staaltjies getrakteer.
Die skool is baie dank aan die gemeenskap vir ruimhartige wynskenkings verskuldig.
Nog 'n riem onder die hart is die oop hande en beursies van almal wat die gehalte wyne gekoop het.
Van links is Piet de Villiers (skoolhoof), Estéa Venter (openbare betrekkinge-beampte), Beyers Truter en Hardy de Beer (organiseerder en onderwyser).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'