Riversdal skole nuus - Die atletiekseisoen het op 27 Januarie met 'n kleurebyeenkoms begin.
Beyon Prins (400m, 800m en 1 500m seuns o.14), Lyle-Clint Fielies (200m seuns o.17) en Leané Human (hoogspring en 200m meisies o.19) het nuwe rekords opgestel.
Jaco van der Bank is die senior victor ludorum, terwyl Mienke Doubell die senior victrix ludorum is.
Die junior victor ludorum is Beyon Prins en die junior victrix ludorum is Rochell Wilken.
'n Totaal van 334 leerders het vir die byeenkoms ingeskryf.
Die groenspan het die beker vir die meeste punte verower en die sangbeker is aan die geelspan toegeken.
Die groenspan van links: Charlwin Daries, Bianca Lombaard, Tommy Awies, Caylin Evertse, Tinka Fox, Suria Denkema, Suhayle Herling en Hendrik-Louis Fourie.
Van links is Rochell Wilken, Beyon Prins, Jaco van der Bank en Mienke Doubell.
Van links is Lyle-Clint Fielies, Leané Human en Beyon Prins.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'