RIVERSDAL ATLETIEK NUUS - Die atletiekseisoen is met 'n opwindende kleurebyeenkoms op 17 Januarie begin.
Beste prestasies van die dag, volgens ASA se tabel was Nelani Nel met 828 punte vir gewigstoot (o.17) en Stephan Prinsloo met 673 punte vir diskus (o.19).
Prinsloo het die 100 m ook gewen en is as senior victor ludorum aangewys.
Alika Steyn is senior victrix ludorum. Junior victor ludorum is Wyatt Adams en Mienke Doubell junior victrix ludorum.
Van links is Wyatt Adams, Mienke Doubell, Alika Steyn en Stephan Prinsloo.'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'