RIVERSDAL NUUS - Elrike Kleynhans (gr. 12) en hoofmeisie van die koshuis, het tydens die skool se erkenningsaand die gesogte Ambassadeurstoekenning ontvang. Dit word toegeken aan die Das wat te alle tye en op alle terreine die skool verteenwoordig en eer aandoen.
Op akademiese gebied bring sy haar kant, deur halfkleure te verwerf, en 'n posisie onder die top-10 in haar graad.
Sy dien op die skool se leerlingraad. Sy neem aktief deel aan sport dwarsdeur die jaar en is altyd lojaal en uiters entoesiasties. Elrike blink uit op die kultuurgebied en verwerf SWD vir debat.
Om die kroon te span, verteenwoordig hierdie Das die skool in die gemeenskap, en motiveer sy haar medeskoliere om by dieresorg, bejaardes en behoeftige skooltjies betrokke te raak.
In die skool en koshuis word hul leuse getrou in al sy fasette uitgeleef en boesem Kleynhans vertroue by haar mindere én meerdere in.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'