RIVERSDAL SKOLE NUUS - 'n Groep van 10-leerders het goeie prestasies by die Riversdal-landbouskou behaal. Carla Conradie behaal vyf eerste-, twee vierde plekke en 'n derde plek.
Mariechen Goedhals is die reserwekampioen in die 3-gang performance kinderryperd, reserwekampioen in die 5-gang performance kinderryperd en behaal twee tweede plekke.
Zoë Heyns is die kampioen in die SA Boerperd Universele Elite 5 3-gang ryperd, die kampioen in die SA Boerperd Universele 3-gang ryperd junior ruiter o.19 en die kampioen in die SA Boerperd senior merrie 3 jaar en ouer.
Sy behaal ook vier eerste-, twee tweede-, twee derde-, twee vierde-, vier vyfde plekke en 'n sesde plek. Ané Louw behaal twee eerste-, twee tweede plekke en 'n derde plek.
Anke Ellis behaal twee eerste plekke, 'n derde- en 'n vyfde plek. Rochelle Janse van Rensburg behaal sewe eerste-, sewe tweede plekke en 'n derde plek. Anja Joubert behaal twee eerste plekke en 'n vierde plek.
Tannah Strydom behaal twee eerste-, twee tweede plekke, 'n derde-, vierde- en 'n vyfde plek. Tara Zeelie behaal 'n eerste plek, twee tweede- en drie vierde plekke. Magdel Barnard behaal 'n vierde plek en 'n vyfde plek.
Agter, van links: Ané Louw, Mariechen Goedhals, Carla Conradie, Anja Joubert en Tannah Strydom. Voor: Tara Zeelie, Anke Ellis, Zoë Heyns, Magdel Barnard en Rochelle Janse van Rensburg.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'