HEIDELBERG NUUS - Hoërskool Heidelberg het die mammas, oumas en vriendinne van die skool gevra om van hul orige wol, blokkies te brei of te hekel en dit na die skool te stuur.
Hierdie blokkies is aanmekaargehekel of vasgewerk om kombersies te maak vir kleuters wat grootword sonder ouers/voogde.
Gedurende 2018 het ons 16 kombersies by 'n kinderhuis afgegee en vanjaar gaan ons 14 by 'n huis van beskerming aflewer waar kleuters bly wie uit mishandeling verwyder is.
Die kombersie word die kleuter se eiendom. Dis 'n trooskombersie, 'n warmhou-kombersie en later 'n kniekombersie. Covid-19 het ongelukkig die aantal kombersies verminder, maar die kinderhuise is baie dankbaar vir elkeen wat hulle ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'