ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia met sy 36 matriekleerders het self nie teruggestaan nie en is een van vier skole in Hessequa wat 'n 100%-slaagsyfer behaal het.
Van die 36 leerders het 26 (72,2%) universiteitsvrystelling verwerf, die hoogste ooit by dié skool. Die res van die leerders het bo 50% behaal.
Vyf leerders het A's vir hul vakke behaal, naamlik Engels, besigheidstudies en toerisme. Agt vakke het 'n 100%-slaagsyfer behaal - Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe, toerisme, verbruikerstudies en ook wiskunde geletterdheid.
Die top-3-leerders is Enzyrin Hermanus 68,4%, Jomelia Taute 68,9% en die duxleerder van 2023 is Leigh-Hende Eksteen met 73%.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’