ALBERTINIA NUUS - Hoërskool Albertinia het op Saterdag, 27 Maart ‘n drama werkswinkel aangebied waarby leerders die geleentheid gegun is om opleiding te ontvang van William Michaels.
Michaels het in verskeie teaterproduksies opgetree, naamlik Romeo en Juliet, die Keizer en Buckinham Palace. Hy was ook te sien in Liefste Kayla, Villa Rosa en Suidooster.
Leerders het geleer hoe om op die verhoog op te tree, aan kompetisies deel te neem, aanvaarding te beleef en so ook visie vir die toekoms te hê.
Die skool beplan om aan die KKNK se aanlyn dramakompetisie deel te neem wat op 1 Mei open, asook aan die jaarlikse RATEM (Riversdal Amateur Toneel en Musiek) Eisteddfod wat in Augustus vanjaar aangebied word.
Van die leerders wat aan die werkswinkel deelgeneem het. Foto's verskaf
William Michaels
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'