ALBERTINIA NUUS - Die skool het op 1 Maart hulle eerste fondsinsameling van die jaar op die sportveld gehou.
Die tema was 'A trip around the World' waar verskillende stalletjies hulle lande uitgebeeld het, waaronder Hawaii, Duitsland, Amerika en Nederland.
Ander items op die program was sakresies, eier en die lepel, 'n springkasteel, asook 'n groot verskeidenheid kos. Die skoolhoof, Sameul Crowley het ook aan sommige van die sportsoorte deelgeneem.
'n Donkiekar is ingespan om die kleintjies rond te ry. Volgens René Kiewiet was die dag 'n reusesukses. Die skool bedank die ouers, leerders en die gemeenskap wat die dag saam geniet en hulle ondersteun het.
Die kinders het tougestaan vir ’n rit met die donkiekar.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'