RIVERSDAL NUUS - Wat is nou lekkerder vir 'n oudskolier as om sy alma mater te kom besoek?
Twee naweke op Oakdale was gekenmerk deur nege reünie-groepe wat besoek het.
Klas van 1970, 1971, 1982, 1997, 2000, 2002, 2007, 2012 en 2017 het nie net die rugby tussen HTS Drostdy en Paul Roos geniet nie, maar ook gesellig saam gekuier en goeie ou skooldae beleef.
Eenmaal 'n Bul, altyd 'n Bul.
Klas van 1982 herleef goeie tye voor die hoofgebou op Oakdale.
Klas van 2012 skuif weer agter die skoolbanke in.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'