RIVERSDAL SKOLENUUS - Sedert die 2019 Interskole was heelwat van die Hoër Landbouskool Oakdale se rugbyspelers druk besig met voorbereiding vir die 2020 seisoen.
Oefentye is om 05:00 en weer van 18:00 tot 19:00 ingeruim sodat somersport nie beïnvloed word nie.
Die eerste wedstryde sal op 14 Maart by Hoërskool Brackenfell in Kaapstad plaasvind, waarna die Oakdale Rugbyweek van 21 – 25 Maart op Oakdale aangebied sal word.
Rugbyprogram vir 2020
- 6 - 7 Maart: Triomf o.13-toernooi op Oakdale;
- 14 Maart: Brackenfell Rugbydag;
- 21 - 25 Maart: Oakdale Rugbyweek;
- 23 - 27 Maart: World Schools Rugby Festival;
- 4 April: HTS Drostdy (W);
- 18 April: HS Durbanville (T);
- 24 - 27 April: Wildeklawer te Kimberley;
- 9 Mei: HS Stellenberg (W);
- 16 Mei: Hoërskool Outeniqua (T);
- 23 Mei: Paarl Gimnasium (Akkerfees);
- 11 Julie: Hoër Jongenskool Paarl (W);
- 18 Julie: Marlow Landbouskool (T);
- 25 Julie: HS Framesby (W);
- 1 Augustus: Bloemfontein Grey (W);
- 8 Augustus: Interskole vs Boland Landbou (W).
Gr. 8-Bulle gereed vir die rugbyseisoen.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'