RIVERSDAL SKOLE NUUS - Twee nuwe leerkragte het vanjaar as deel van die onderwysspan begin.
Mnr. Jean-Ben Naudé bied landbouwetenskap en landboubestuurspraktyk aan. Hy is afkomstig van Hoërskool Prieska.
Mev. Marianne de Jager is 'n ervare onderwyser afkomstig van Hoërskool Ermelo en bied Engels eerste addisionele taal aan. Sy en haar man het reeds gedurende 2018 na Riversdal verhuis.
Mnr. André Bester is aangestel as departementshoof tale en bied Afrikaans huistaal aan. Hy is reeds sedert Oktober verlede jaar by die skool en was vir die afgelope 10 jaar onderwyser by Grey Kollege Bloemfontein.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'