STILBAAI NUUS - Wat Saterdag, 7 Mei net 'n vinnige uitstappie na die winkel sou wees, het in 'n nagmerrie ontaard toe 'n splinternuwe Toyota Urban deur die relings by OK Foods se parkeerterrein bars.
Tragedie is voorkom toe die motor net halflyf oor die 2 meter hoë muurtjie bly hang het.
Volgens die vrou wat agter die stuur was, het haar man die vorige dag 'n oogoperasie gehad en sy wou nie dat hy bestuur nie.
Ongelukkig het sy 'n voetfout begaan, amper soos in netbal en trap toe die petrol in plaas van die remme.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'