ALBERTINIA NUUS - Meer as 100 vroue van dié dorp het Woensdag 9 Augustus bymekaar gekom om mekaar te motiveer en te bemoedig as deel van die 61ste jaar vieringe van die historiese vroue optog in verset teen die destydse regering.
'n Geestelike boodskap is deur sr. Zonia Nomdo, moederleier van die Kerk vir Haweloses op die dorp gelewer. Inspirerende insae is ook deur Ulricke Kulsen, programdirekteur van V.C.S. in die Wes-Kaap gelewer.
Wilfred Abrahams het 'n hartroerende gedig voorgedra, wat vroue bemoedig het om uit hul omstandighede op te staan.
Die ANC LUR van Hessequa in die Wes-Kaap, Cameron Dugmore het baie vrouens se harte met 'n pragtige lied aangeraak.
Hy het ook genoem dat vrouens mekaar moet ondersteun en in alle dele van die samelewing betrokke raak. Rdl. Ivan Mangoliso het gesê dat vroue 'n spesiale rol het en 'n magtige impak in die ontwikkeling van die dorp kan maak. Hy beoog om volgende jaar duisende vroue saam te roep.
ARTIKEL: HEINRICH FORTUIN, KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'