Gallery
RIVERSDAL NUUSFLITS - Riversdal-stasie is vanjaar 81 jaar oud - en dit is duidelik aan sy toestand te bespeur, omdat dit reeds vir jare leeg staan en net af en toe 'n kits 'make over' kry... so 'n vinnige lagie verf om al die graffiti toe te maak.
Elke ruit in die gebou is gebreek, die voordeur wat kwajongens tot dusver nog uitgehou het, is oopgebreek en elke vertrek binne is met rommel besaai.
Buite is dit net so 'n seeroog.
Suid-Kaap Forum het al herhaaldelik oor die swak toestand van die plaaslike stasiegebou berig en ook navraag aan Transnet gerig.
Gaan dié historiese gebou in ere herstel word, of gaan dit net nog ‘n vervalle murasie word?
Die binnekant van die gebou.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n verwante artikel | Riversdal stasie: Van statig tot vervalle
ARTIKEL EN FOTO'S: WILMA ADAMSON, SUID-KAAP FORUM REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'