Die projek is jare gelede deur die voormalige verkeershoof, Piet Stroebel begin toe hy appels met 'n boodskap aan motoriste uitgedeel het.
Rdle Andrew Stroebel (speaker: Hessequa Raad) en Adwin Saayman (onder-burgemeester) het as verteenwoordigers van die raad opgetree. Stroebel noem dat dit belangrik is om motoriste op padveiligheid uit te wys en op 'n vriendelike manier 'n padblokkade te behartig waar bestuurderslisensies, motorlisensieskyfies en padwaardigheid van motors nagegaan word.
Motoriste het 'n verwelkomingspakkie ontvang wat vrugtesap, nuttige inligtingsbrosjures oor padveiligheid en brande, noodnommers, inligting oor die streek, verwelkomingsboodskap vanaf rdl Grant Riddles (uitvoerende burgemeester), vermaak vir die kinders, plaaslike vervaardigde produkte en vele meer bevat.
• Indien 'n inwoner of besoeker hul in enige lewensbedreigende situasie binne die Hessequa-streek bevind soos 'n huisbrand, motorongeluk of op een afkom, moet die noodnommer 028 713 22 22 geskakel word. Dit word 24uur beman en sal die nodige nooddienste ontbied word.