HESSEQUA NUUS - Hessequa se politieke leiers en –aktiviste is sterk in Knysna en George ontplooi waar altesaam ses vakante wyke tydens seker een van die grootste landswye tussenverkiesings nog vandag (Woensdag, 11 November) plaasvind.
Hulle is besig om stemme vir die deelnemende politieke partye en onafhanklike kandidate te werf.
Tertuis Simmers, DA politieke hoof vir die Oos-streek en die Wes-Kaapse minister van menslike nedersettings het gesê Hessequa se burgemeester, Grant Riddles is ook besig om tussen die stemlokale rond te beweeg.
Een van George se stemlokale in wyk 17, die Conville Biblioteek se DA lokaal word deur Hessequa DA-lede beman.
Stemlokale het vanoggend om 07:00 geopen en sluit om 21:00, waarna stemtelling sal plaasvind.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'