Update
STILBAAI NUUS - As jy 'n liefhebber is van kuns, moet jy dié een nie misloop nie. Die Hessequa-kunsroete bied weer hul jaarlikse kunstentoonstelling by die pragtige Privelistea in Stilbaai aan.
Privelistea is 'n ongelooflike mooi lokaal met groot stoepe en 'n pragtige uitsig oor die see.
Meer as 40 kunstenaars van die Hessequa-streek - Witsand, Heidelberg, Riversdal, Albertinia, Gouritsmond, Melkhoutfontein, Stilbaai en Jongensfontein - neem deel aan die tentoonstelling.
Kuns in verskillende vorms soos, skilder, beeldhou- en houtwerk gaan ten toon gestel word. Elkeen van die kunstenaars is enig in hul soort.
Die kunswerke van Danie Cronjé en Marilise Lombard van Riversdal, asook baie ander bekendes van ander dorpe in die streek, sal 'n groot indruk op besoekers maak. Kunswerke op die tentoonstelling sal te koop wees.
Een van die kunswerke deur Danie Cronjé van Riversdal wat van 20 tot 23 Desember by Privelistea in Stilbaai ten toon gestel gaan word. Die kunswerke van meer as 40 kunstenaars uit Hessequa sal daar te sien wees.
Tydens die geleentheid gaan Maxi du Plooy, 'n baie bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar, vereer word vir haar bydrae tot die kunste, veral ten opsigte van die ontwikkeling van kuns in Stilbaai.
Verskeie werksessie word van 21 tot 23 Desember aangebied. Hieronder tel Gelli-drukwerk, "art journalling," bonsai-snoei, visie/droombord vir kinders, kinderkuns en juwele maak van harpuis.
Die openingsaand is op 20 Desember om 18:30 en gaan 'n heerlike aand wees van kuns, wyn, kos en musiek. Die kaartjies is beskikbaar teen R50 per persoon.
Vir enige navrae of meer inligting bel Anita by 082 929 0166.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'