HESSEQUA NUUS - Die afgelope week is 8 mm reën in die Korentepoortdam in Riversdal se opvanggebied gemeet en het die damvlak 'n klein styging getoon. Die Olive Grovedam se vlak het van 58% na 50 % gedaal.
Die ander damvlakke in die Hessequa-streek het konstant gebly.
Die jongste stand van damme oor die afgelope twee weke is as volg:
27 Junie
- Korentepoortdam - 91%
- Duivenhoksdam - 100%
- Olive Grovedam - 58%
- Jongensfontein dam - 100%
4 Julie
- Korentepoortdam - 92%
- Duivenhoksdam - 100,70%
- Olive Grovedam - 50%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'