STILBAAI NUUS - Die Helpende Hand-tak van Stilbaai begin reeds vroeg in die jaar om 'n verskil in die lewens van weerloses te maak.
Hulle bied 'n inligtingsessie op 22 Februarie om 17:30 by die Lions-klub se saal aan om belangstellendes rakende hulle projekte en werksaamhede vir 2022 in te lig.
Helpende Hand het ook 'n lootjietrekking op 28 Februarie om 11:00 by Ons Winkel om geld in te samel vir bankies vir Huis Stilbaai. Die wenner ontvang 'n oorspronklike waterverfskildery van kokerbome.
Volgens Hieda Goldberg, dorpsverteenwoordiger van Helpende Hand Stilbaai, is die nood hoog daar buite en hulle wil graag al aan die begin van die jaar 'n verskil maak.
Op 30 April het Helpende Hand ook 'n pretloop oor 5 en 10km by Oosstrand om fondse in te samel. Uitstallers sal ook geleentheid kry om stalletjies te hê teen R100 per stalletjie.
Lootjies kan by Ons Winkel oorkant Vodacom gekoop word teen R50, of kontak Hieda Goldberg (079 295 3177) vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'