STILBAAI NUUS - Die Helpende Hand-tak van Stilbaai bied 'n inligtingsessie op 22 Februarie om 17:30 by die Lions-klub se saal aan.
Die sessie is om belangstellendes rakende hulle projekte en werksaamhede vir 2022 in te lig.
Hulle het ook 'n lootjietrekking op 28 Februarie om 11:00 by Ons Winkel om geld in te samel vir bankies vir Huis Stilbaai.
Lootjies kan by Ons Winkel gekoop word teen R50, of kontak Hieda Goldberg (079 295 3177) vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'